Queens View 33

R 800

10 months ago207 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Queens View 33 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Uvongo. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en al die besienswaardighede aan die Suidkus.

Dié woonstel het 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-leefarea, en dit is smaakvol versier. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is goed toegerus en het 'n yskas, mikrogolfoond, stoof met 'n oond, en ander toebehore.

Die sitkamer het 'n slaapbank vir 2 kinders en daar is 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en gaste kan hul eie dekodeerder, slimkaart, en kabels saambring. Die leefarea lei na 'n gemeubileerde balkon met 'n gasbraaier en 'n lieflike uitsig oor die omgewing en die see in die verte. Een parkeerplek is beskikbaar.

Queens View 33 is naby die strand, winkels, restaurante en verskeie ander doendinge en geriewe in die omgewing.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 30864

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485719690
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted