Pinnacles Seaside Unit 2

R 750

10 months ago220 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):1
Smoking:No
Description
Pinnacles Unit 2 is 'n volledige ingeslote selfsorgeenheid waar twee kan slaap. Net 80 meter van die strand in Umtentweni op die KZN se suid-kus.

Die strand bied toegang met 'n pad - Shad Lane - deur die Admiralty reservaat of jy kan 'n kort stappie neem langs die straat of strand na die hoofswemarea. Hier is haainette en lewensredders binne seisoen aan diens.

Die area is 'n populêre visvanggebied en tydelike visvanglisensie is van die naby Tweni Poskantoor te kry.

Walvisse kan tussen Mei tot Desember gesien word op hul jaarlikse migrasies en die aanskoulike Sardientjieloop in Julie is 'n gebeurtenis om nie te mis nie.

Ons lieflike warm & humiede tropiese somers en matige en sonnige winterdae is die paradys van die Zulu-koningkryk die plek om te wees.

Umtentweni is 'n stil woonbuurt, stilte en vrede om ons. Dit is waar jy met die voël se gesang kan wakker word; soos ons liewe Natalse Janfrederik wat so mooi sing met eerstelig en die byklanke van die oseaangolwe in die agtergrond; en dit kan jou laat voel jy is net so bly om te lewe.

Die eenheid bestaan uit 'n enkelslaapkamer met dubbelbed, sitkamer, kombuis & aparte badkamer met stort & toiletfasiliteite.

Di kombuis het 'n yskas/vrieskaseenheid, 'n gasblad en Solardom konfeksieoond/mikrogolfoond/braai-eenheid, 'n rooster en ketel. Al die kombuisware & eetgerei word voorsien en ook al die linne. Gaste moet egter hul eie handdoeke bring.

Beide die sitkamer en slaapkamer het dakwaaiers, en daar is 'n TV & DVD spelers in die sitkamer.
Die eenheid is vir DSTV bedraad - bring net jou eie dekodeerder & smart card. Daar is 'n onderdakpatio en braaifasiliteite. Baie parkeerplek en 'n groot tuin.

Troeteldiervriendelik slegs op versoek. Inwoonende honde o die perseel.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 3554

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485733584
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted