One Summer Place

R 750

a year ago385 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
One Summer Place bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n grondvloerwoonstel in 'n kompleks wat direkte toegang tot die strand in Shelly Beach bied. Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek, 'n naweekwegbreek of 'n gesinsvakansie.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die sitarea met slaapplek vir nog 2 kinders. Alle linne word voorsien. Daar is 'n TV in die sitkamer en in die hoofslaapkamer. Albei TV's is tot die opsionele DStv verbind teen 'n nominale daaglikse tarief afhangend van die pakket wat jy kies. Daar is 2 badkamers en 'n kombuis met graniettoonbanke, 'n skottelgoedwasser, yskas, mikrogolf, oond, stoof en 'n daagliks skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek.

Die kompleks het 'n swembad en braaigeriewe en is net 50 m van die strand af. Gaste kan 200 m tot by die pragtige rotspoel stap of 'n drankie op die dek van die Shelly Beach Skibootklub geniet. Die woonstel is naby winkels en net 1 km van Shelly Centre met sy fliekteater en restaurante af. Daar is ook gholfbane in die area en verskeie daguitstappies en hengelgeleenthede.

Let wel dat die eenheid slaapplek vir 6 gaste het, maar 'n maksimum van 4 volwassenes. Daar is 'n ekstra slaapbank met slaapplek vir 2 kinders.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 26765

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 498459615
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted