La Mouette 1

R 1,470

10 months ago342 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
La Mouette 1 is 'n selfsorgwoonstel in Margate in die hartjie van die Hibiskuskus. Margate is bekend vir die pragtige strande, natuurlike woude en subtropiese klimaat. Vir baie mense is dit dié plek om te wees vir 'n heerlike somervakansie. Behalwe vir die strande, bied Margate ook van die beste snorkel- en duikgeleenthede in Suid-Afrika

La Mouette 1 is op die eerste vloer geleë en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Dit kan tot 6 gaste akkommodeer. Die hoofslaapkamer beskik oor'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die tweede hoofbadkamer het 'n stort. Elke slaapkamer het lugversorging.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -sit, en -eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas en mikrogolf. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste, terwyl die sitarea gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv het. Die leefarea het lugversorging en 'n skuifdeur wat lei na die balkon met stoepmeubels en 'n gasbraai.

Die kompleks, La Mouette, bestaan uit 8 eenhede. Dit word goed in stand gehou en het 'n gemeenskaplike plonspoel met 'n braai-area, wat van die woonstel af gesien kan word. Die kompleksarea is op die meeste plekke geplavei en bied nie veel ekstra ruimte vir kinders om te speel nie. Die balkon maak egter op vir verlore ruimte.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 37342

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485718632
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted