Ithaca 20

R 510

5 months ago242 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):1
Smoking:No
Description
Ithaca 20 is 'n goed versorgde oord met woonstelle in privaat besit. Dit is in die klein dorpie Manaba geleë, tussen Margate en Uvongo, 150 km suid van Durban, teen die suidkus van KwaZulu-Natal. Die oord is net 30 m weg van Manaba se Blouvlagstrand, waar jy heerlik kan swem en branderplankry. Daar is ook 'n getypoel en visvangplekke by die rotse. Verskeie winkels, restaurante en kroeë is stapafstand van die kompleks af.

Hierdie eersteverdieping-eenheid beskik oor 'n kombuis, ruim leefarea met 'n dubbelbed en 'n tweede slaapkamer wat lei na 'n balkon. Daar is ook 'n stapelbed in die slaapkamer. 'n Glasskuifdeur lei na die balkon met 'n see-uitsig. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n platskerm-TV met gesinspakket-DStv.

Ithaca het 'n groot, private swembad en gemeenskaplike braaigeriewe aan albei kante van die kompleks. Daar is ook 'n klimraam en 'n trampolien vir kinders.

'n Onderdakparkeerplek word voorsien vir elke eenheid. Addisionele voertuie kan in die beperkte oop parkeerarea parkeer, agter spitspaalheinings, aan die seekant van die hoofgebou. 'n Parkeerarea vir waentjies is ook beskikbaar. Die kompleks word heeltemal omhein met spitspaalheinings en toegang word verkry deur afstandbeheerde hekke.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 13871

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 547282744
View More
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1414 adsActive
1414 adsPosted
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1