Dumela Flat 8

R 800

a year ago295 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Dumela Flat 8 is geleë in Dumela Holiday Resort in Margate aan KwaZulu-Natal se luisterryke Hibiscus-kus. Dit is een van die beste gesinsoorde aan die Natalse Suidkus en bied verskeie geriewe op die perseel wat die volgende insluit: 'n pragtige omgewing en 'n uitsig oor die goue strand van Margate en die Indiese Oseaan se water, 'n gesinswembad, 'n swembadjie vir kleuters, 'n grasdak-kroegarea en braaiplekke.

Hierdie woonstel is op die grondvloer en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n balkon met 'n lieflike uitsig oor die see. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en daar is 2 stapelbeddens in die tweede slaapkamer. Die volledig toegeruste kombuis beskik oor 'n yskas, stoof, oond en mikrogolf. En daar is 'n sitkamerstel en 'n TV in die leefarea. Bababedjies is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele koste.

Verder is daar veilige onderdakparkering en 'n plek waar jy jou motor kan was. Ander geriewe by die oord: sauna, gimnasium, sonbed, trampolien, speelgrond, veerpyltjies, tafeltennis en pooltafels. Daar is ook 'n wasgoeddiens beskikbaar (wasgoed word op dieselfde dag gewas en gestryk).

Hierdie stukkie van die KwaZulu-Natalse kus staan ook bekend as die Gholfkus - daar is 6 gholfbane binne 'n halfuur se ry van Dumela Flat 9 af en selfs nog meer binne 'n uur se ry.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 21543

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485729778
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted