Dumela Flat 32
R 800
9 months ago216 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Dumela Flat 32 is in die Dumela Vakansieoord in Margate aan die wonderskone Hibiskuskus geleë. Dumela Vakansieoord is trots om te meld dat ons een van die beste gesinsoorde aan die Natalse suidkus is, met verskeie geriewe op ons perseel. Ons bied 'n pragtige area wat uitkyk oor Margate se goue, noordelike strand met sy haainette en warm Indiese Oseaan-water. Daar is ook 'n gesinswembad, peuter-plonspoel, 'n kuierarea met 'n grasdak en braaigeriewe.

Hierdie woonstel op die tweede vloer het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n balkon en see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n stel stapelbeddens en 2 enkelbeddens. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, 'n stoof, 'n oond en 'n mikrogolf. Die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n TV. Bababedjies is beskikbaar op versoek teen geen ekstra koste nie.

Daar is veilige onderdakparkeerplek en 'n area waar jy self jou motor kan was. Ander geriewe sluit in: 'n sauna, 'n gimnasium, 'n sonbed, 'n trampolien, 'n speelgrond, 'n veerpyltjiebord, tafeltennis- en pooltafels. Daar is ook 'n wegstuur-wasgoeddiens beskikbaar wat sal verseker dat jou wasgoed gewas en gestryk word op dieselfde dag.

Alhoewel die area bekend is as die Hibiskuskus, is dit ook bekend as die Gholfkus. Daar is 6 pragtige gholfbane binne 'n halfuur se ry en nog vele meer 1 uur se ry van ons af.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 21426

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485733532
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1396 adsActive
1396 adsPosted