18 Ramsgate Dunes

R 2,000

10 months ago286 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
18 Ramsgate Dunes is ’n dupleks-meenthuis in ’n veilige kompleks in Ramsgate. Dié kompleks het ’n gemeenskaplike swembad en klubhuis met ’n tafeltennistafel.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers, 3 badkamers en ’n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en wasbak. Die kamer het ook ’n klein balkon.
Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel ’n badkamer wat ’n stort, toilet en wasbak het. Die slaapkamer is op die boonste verdieping.
Die vierde slaapkamer is op die eerste verdieping en het 2 enkelbeddens. Verder is daar ook ’n badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Elke slaapkamer het skuifluike oor die venters. Linne en bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met ’n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook ’n ontbyt-toonbank met stoele. Die wasgoedkamer by die binnehof het ’n wasmasjien, tuimeldroër en yskas.

Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het ’n gemaklike sitkamerstel en ’n TV met ’n DVD-speler. Die stoep het see-uitsigte, ’n ingeboude braai en stoepmeubels.

Parkeerplek is beskikbaar voor die eenheid. Die kompleks is veilig met elektriese hekke en heinings, asook seisoenale sekuriteitswagte. Die eenheid het sekuriteitsdeure voor al die deure op die grondvloer en het ’n alarmstelsel met gewapende reaksie.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 60012

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485493102
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted