Herma's Guest House

R 2,250

10 months ago453 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Herma's Guest House is in die bekende vakansiedorp, Amanzimtoti, aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë en bied gehalte-verblyf ideaal vir vakansiegangers of sakereisigers. Die gashere woon op die perseel en is beskikbaar indien gaste enige hulp benodig.

Gaste wat bespreek het die eksklusiewe gebruik van die hele huis soos hieronder beskryf.

Dié huis bied 'n moderne, ruim strandhuis-gevoel met gidspleistervloere en hoë plafonne. Die boonste verdieping het 3 slaapkamers met en suite-badkamers. 'n Sentrale area bied toegang tot al die slaapkamers deur twee dubbeldeure. Hierdie area is afgeskort vanaf die oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamers het dubbelbeddens.

Die onderste verdieping is oopplan en beskik oor 'n sitarea met 'n groot hoekbank, 'n eetarea met 'n eetkamertafel vir 8 gaste en 'n kombuis wat goed toegerus is met 'n dubbeldeur yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof en elektriese oond, en oorgenoeg ingeboude kaste met voorsiende eetgerei en breekware. Daar is ook 'n solder met biblioteek waar gaste lieflike see-uitsigte kan geniet. Die huis het ook lugversorging en sekuriteitshorkies.

Daar is geriewe soos 'n moderne swembad met 'n fontein, 'n Weber, daaglikse skoonmaak van kamers op versoek beskikbaar, asook was- en strykdiens op versoek teen ekstra koste. Die huis bied ook veilige onderdakparkeerplek. Rook is streng verbode in die huis.

Ons huis is stapafstand vanaf Amanzimtoti se hoof-swemstrand, Virgin Active gimnasium, verskeie kitskoskafees en Woolworth's Food, en 5 km van Galleria-winkelsentrum af. Amanzimtoti is 30 km suid van Durban en daar is verskeie doendinge en besienswaardighede in die omgewing.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 27072

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485700436
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted