Amanche 9
R 1,600
9 months ago269 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Amanche 9 is in Amanzimtoti geleë en bied gehalte-vakansieverblyf wat perfek is vir gesinne of vriende wat saam reis. Dié kusdorpie aan die Suidkus van KwaZulu-Natal is alombekend vir sy tropiese klimaat en uitgestrekte goue strande. Dis ook 'n gewilde plek vir branderplankryers en duikers wat die Aliwal-bank kom verken. Die dorpie het verskeie winkelsentrums, besienswaardighede, doendinge en restaurante. Daar is ook tientalle natuurreservate in die omgewing wat ideaal vir daguitstappies is.

Die woonstel het 3 slaapkamers met slaapplek vir altesaam 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, en koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

In die oopplan-leefarea is daar 'n eetkamertafel en 'n sitarea met 'n TV en sekere DStv-kanale.

Die kompleks het gemeenskaplike braai-areas en braaigeriewe langs die paadjie wat na die strand lei.

'n Hysbak en veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Die eenheid is op die tweede verdieping en die gebou is reg langs die strand geleë. Die hoofswemstrand, getypoele, die Thirsty-Whale, die Spur en verskeie ander restaurante is stapafstand hiervandaan. Dis ook net 3 km vanaf die Galleria Mall en Arbour Crossing-winkelsentrum geleë.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 42683

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485693254
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1396 adsActive
1396 adsPosted