31 Ocean Breeze
R 650
9 months ago379 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
31 Ocean Breeze is 'n grondverdiepingwoonstel met 'n see-aansig. Die woonstel is op Winkelspruit se hoofstrand geleë, wat met haainette en gekwalifiseerde lewensredders beskerm is. Die eenheid is 7 km van die nuwe Galleria- en Arbour Crossing-winkelsentrums af, waar al die groot kleinhandelaars takke het.

Die moderne eenheid bied gerieflike slaapplek vir 6 mense en bestaan uit 2 slaapkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis, sitkamer en badkamer. Die kombuis is opgeknap en spog met granietoppervlakke asook 'n oond. Die badkamer is ook opgeknap en het nuwe afwerkings asook 'n aparte stort en bad (onthou asb. om jou eie bad- en storthanddoeke saam te bring). Verder is daar ook 'n privaat stoep, plafonwaaiers en 'n groot Slim-TV met DStv is op versoek beskikbaar. Die patio lei na 'n welige tropiese tuin met direkte toegang tot die strand.

Die kompleks het 'n groot swembad met 'n afsonderlike kinderswembad en op die strand is 'n getypoel. Geniet 'n braai onder die palmbome in die onthaal-area met sy grasdak in die hart van die kompleks waar vakansiegangers sosiaal kan verkeer. Die eiendom het afstandbeheerde veiligheidshekke, asook 24 uur-sekuriteit om jou gemoedsrus te waarborg. Elke eenheid het ook 'n sleutel vir die hek wat direk na Winkelspruit se hoofswemstrand lei en het 'n onderdakparkeerplek, met voorsiening vir sleepwaparkeerplek waar nodig.

Die eenheid is ingerig vir selfsorg en gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die Suncoast Casino-kompleks op Durban se Noord-strand is naby, terwyl gholfgeesdriftiges verskeie toonaangewende gholfbane in die omgewing tot hul beskikking het. 'n Entjie na die noorde is die pragtige Aliwal Shoal-duikplek, waar duikers die bekende Raggie-grot sal aantref, welbekend vir sy Skeurtandhaai. Winkelspruit is ook onder vissermanne bekend vir sy elf-vis (Shad) wat van die rotse af gevang word.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 3357

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485679543
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1396 adsActive
1396 adsPosted