11 Villa Del Sol
R 1,200
9 months ago331 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
11 Villa Del Sol bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die grondvloer. Hierdie woonstel is in Warnerstrand geleë en dit is loopafstand van die strand af.

Die woonstel het 2 slaapkamers met lugversorging, 1 badkamer met 'n bad en 'n stort en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, koffiemasjien, ysmasjien, eetgerei en breekware, asook 'n wasmasjien. Daar is 'n platskerm-TV in die sitkamer met 'n DStv Premium HD dekodeerder. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hulle eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die woonstel het sy eie tuin en braai-area, asook 'n privaat toesluit-motorhuis wat veilige parkeerplek bied. Gaste is welkom om van die gemeenskaplike swembad in die kompleks gebruik te maak.

Villa Del Sol maak nie voorsiening vir henne-, hane- of soortgelyke partye nie.

Warnerstrand is sowat 7,3 km vanaf Amanzimtoti en sowat 3,5 km vanaf Winkelspruit. Die Galleria Mall is sowat 6,7 km en Abour Crossing 9,1 km hiervandaan.

Die naaste lughawe is King Shaka Internasionale Lughawe wat 64 km weg is en die verblyf is 30 km van die Durban-hawe af.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 43043

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485679529
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1396 adsActive
1396 adsPosted