Kleur Kom Nooit Alleen Nie - Antjie Krog.

R 100

2 years ago678 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Report Ad
General Details
For Sale By:Dealer
Description
Kleur Kom Nooit Alleen Nie - Antjie Krog. As Tafelberg moes begin praat, dan sou dit in só 'n stem gewees het. Of in 'n ander raamwerk: hierdie bundel is vir my in poësie die ekwivalent van Bach se groot Toccata en Fuga, waar die ganse register van die orrel oopgetrek word. Wat Antjie hier saamdig, is die intimiteit van een mens wat vir 'n ander sê: Ek het jou lief - en 'n begrip van menslikheid so wyd as die Heer se genade. Dit gaan om klip en aarde en grond (bowenal die grond van Afrika, wáár ook al op die vasteland) en die verskriklike manier(e) waarop die mens met hierdie vasteland leer saamlewe het. Dit is onbeskroomd oor wat hard en bitter en gewelddadig is, maar dit alles word geheilig deur 'n mededeelsaamheid en 'n erbarming waarin juis die mensste van menswees in al sy wondbaarheid én weerbaarheid deurstraal word: of dit gaan oor Boerekinders in konsentrasiekampe aan die begin van die 20ste eeu, of om swart kinders in townships aan die einde van dieselfde eeu; of dit gaan oor 'n griot in Wes-Afrika of die spontane klaaglied van 'n moeder in 'n township. Uit alles, illustreer dié bundel, is poësie te maak - juis óók uit die gevormde poësie, soos blyk uit die intensiewe gesprekke wat hierdie verse aanknoop met Van Wyk Louw, of Ingrid Jonker, of Breyten Breytenbach, of vele ander. Dis een van die min bundels waarvan ek kan sê dat ek na die lees daarvan werklik op 'n ander manier na die wêreld kyk. Met meer deernis, meer begrip; 'en eindeloos vergiffenis vir als'. - André Brink: Keurverslag (afgedruk as flapteks)
  • Tweedehandse boek.
  • Sagteband.
  • Afrikaans.
  • 21 CM.
  • 104 Bladsye.
  • [] Boodskap voor in die boek []
  • [] Merke in die boek []
  • 072 501 3890.
  • REF: 5375.
  • Antjie Krog Boek.
  • Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Id Subtitle 1020993144
View More
Boekeandbooks .
Selling for 8+ years
Total Ads12.15K
Active Ads3.68K
Seller stats
12.15KTotal Ads
2.89MTotal Views
Verified information
Mobile number
Email address
Contact Boekeandbooks
072*******Show Number
Message
(4005)
Phone
(Optional)
Include my number in my message.
Send Message
By clicking "Send" you accept the Terms of Use and Privacy Notice and agree to receive newsletters and promo offers from us.