Please note that our Terms of Use and Privacy Notice are applicable.
On Promotion in Jobs
Some search tips we've found useful:
- Check the spelling of your search terms
- Use fewer or more general search terms
- Try browsing a category related to your search terms
Ads in other locations
1
NGK Marikana (Magaliesberg gesnskerk:
Voltydse leraar (Drie jaar
vastetermynpos)Gemeenteprofiel: Magaliesberg gesinskerk is geleë om Mooinooi in Noordwes. Een derde van die 122
besoekpunte is in Mooinooi terwyl die res op plase en kleinhoewes om Moonooi en
Buffelspoort is. Daar is ‘n goeie Laerskool (laerskool Elandskraal) in die dorp, en busvervoer is
beskikbaar vir kinders na Hoërskole in Rustenburg en Brits. Die gemeente se plek van
aanbidding en kantore is geleë in die ATKV Oord Buffelspoort.Daar is 218 belydende en 56 dooplidmate in die gemeente. Waarna streef die gemeente: Gedurende die afgelope jare het die omstandighede van al die kerke in ons omgewing baie
verander. Die ekonomiese situasie in Suid Afrika, ook in ons gemeenskap, is van so aard dat
dit vir talle gemeentes ‘n groot uitdaging is om te kan oorleef.
Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat ons gemeente nie meer alles vir almal kan doen en
wees nie, maar die volgende word nagetreef:➢ Senior lidmate in die gemeente se behoeftes moet aangespreek word. ➢ ‘n Behoorlike en sinvolle kategetiese onderrig moet gelewer word. ➢ Eredienste moet aangebied word dat gemeentelede en ander mense dit graag wil
bywoon en nut daarby vind. ➢ Die kinderweek, waar ons gemeente die afgelope klomp jare ‘n leidende rol gespeel
en goeie werk gedoen het, moet uitgebou word. ➢ Die diens en ondersteuning dmv die voedingskema en welsynwerker by laerskool
Elandskraal moet uitgebou word. Kandidaat
Hierdie leraarspos word vir gelegitimeerdes van die NG Kerk aangebied wat kans sien om
saam met die kerkraad die geestelike en finansiële doelwitte van die gemeente te help
bereik. Benewens Artikel 9 van die Kerkorde, is dit van besondere belang dat die suksesvolle
kandidaat dit wat die gemeete nastreef, binne die volgende kerkraadstruktuur sal uitleef: 1. Eredienste en aanbidding 2. Geestelike bediening vir senior lidmate 3. Barmhartigheidsbediening vir senior lidmate 4. Kategese5. Welsyndienste by Elandskraal 6. Voedingskema by Elandskraal 7. Kinderweek 8. Geestelike jeugbediening 9. Fondsinsameling
• Kollekte, maandelikse en 10de maand bydrae
• Sitrusfees
• Magalies monster
• Gholfdag
• Ander projekte 10. Finansiële beheer Vergoeding: Die vergoedingspakket word aangebied volgens sinodale riglyne tot ‘n maksimum van skaal 8
en gebruiklike voordele. Die gemeente beskik nie oor ‘n pastorie nie, maar ‘n
behuisingstoelaag word wel aangebied. Aansoeke • Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV met minstens 3 verwysings.• Sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Junie 2024. • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.• Stuur aansoek aan: Die Voorsitter van die kerkraad, hvg@mweb.co.za.
• Navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad, Hendrik van Gass, selfoon
nommer 082 553 0343. Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik (of soos onderhandel
1mo
Successfully Added to List
View and manage your saved ads in your account.