Die MOSSELBAAI KERS-KUNSMARK vind plaas van 17-19 Desember in die Mosselbaai-suid NG Kerksaal, h/v 15de en 17de Laan, Mosselbaai dorp en is oop van 08:00-18:00 elke dag. Die gewilde mark is soos elke jaar 'n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte. Die Kenani Dienssentrum verkoop heerlike eet-en drinkgoed. Heerlike musiek bring elkeen in die regte Vakansiestemming! Op 18 Desember is daar 'n POTJIEKOS-KOMPETISIE met lekker pryse om te wen. Gesinne/families/besighede en elkeen wat lus het vir ...